Oor ons
Jy ontmoet, vra en ontdek by southafrica.alpha.org
In 2010 was ek ( Alexander Keur) na een krisis jaar op oukersaand in die kerk( nie iets wat ek gereeld gedoen het) Hulle vier toe die geboorte van Jesus Christus die seun van God. Ek het nie baie bybel kennis gehad,of kennis van die gebruike en tradisies van christene. Ek was vol oordeel oor die kerk. Daardie aand het Jesus egter begin om tot my gedagtes en gevoelens te spreek en stelselmatig het Hy my van die binnekant af begin verander. Die vrug hiervan was innerlike vrede,geduld,blydskap,liefde vir myself en ander. My jare lange soektog na die sin van die lewe het geeindig en ook begin. Ek het nie geweet waar om te begin soek na hierdie nuwe belangstelling in my lewe,ek het gekyk na soveel verskillende kerke en organisasies op die internet, ek was deurmekaar en nie geweet wie om te vra vir leiding….
Nou na 10 jaar is my lewe totaal en al verander in die positiewe sin deur Jesus. Ek kan nie die storie van my hart vir myself hou nie maar wil dit met jou deel. Daar is so baie ander Jesus volgelinge wat ook stories het om te deel en daarom wil ons dit graag saam doen op die platvorm van “Jesus Today”
Alexander Keur