N platvorm vol verhale van mense wat aangeraak is deur Jesus Christus
Jy ontmoet, vra en ontdek by southafrica.alpha.org
Welkom by “Jesus Today”. Op hierdie webblad wil ons jou graag inspireer met unieke stories van individue. Mense deel hulle eie stories oor hoe Jesus hulle lewens kom aanraak het en hoe Hy hulle daaglikse lewe beinvloed. Ons vertrou dat jy sal onddek dat Jesus vandag nog net so relevant is! Ons vertrou dat jou eie verhaal sal deel raak van hierdie webtuiste.
Ons moedig jou aan om te kyk na die ware evolusie teorie; dat een God alles tot stand gebring het,Hy is vol liefde en het alles haarfyn beplan. Die aarde is nie net toevallig nie,so ook is jy beplan deur God Almagtig. Jy is beplan, geliefd en waardevol vir Hom.Jesus wil dat jy God die Vader leer ken, vir Hom is elke lewe belangrik! Hy wil dat ons ervaar wat dit is om werklik “tuis te kom”. Ons is elke dag besig met die avontuur om God meer en beter te leer ken. Sien jy nie kans om saam ons die Vader te leer ken?